100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gesamentlike operasies trek meer as 500 vas

Written by on June 6, 2023

Die polisie in Mpumalanga het die naweek 528 arrestasies gemaak tydens gesamentlike operasies in al drie distrikte van die provinsie.
Volgens die polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het hulle saam met onder andere die burgemeester van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mhlonishwa Masilela, tradisionale leiers en lede van die taxi-industrie gewerk tydens die verhoogde aktiwiteite.
In Marite naby Hazyview is ‘n verdagte aangekeer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
Vyf mense is aangekeer vir moord.
Manamela sê hul fokus tydens die gesamentlike operasies was op probleemareas.

In totaal is 3 595 mense en 1 406 voertuie deursoek.
Verskeie winkels is beboet vir die verkoop van kos wat verval het, en drie drankwinkels is gesluit.
Sien ook: 77 mense aangekeer as deel van Operasie Siyavutha
Verlede naweek is 77 mense in Mpumalanga gearresteer as deel van “Operasie Siyavutha”.
Volgens die polisie sluit die oortredings onder meer moord, poging tot moord, roof, aanranding, besit van onwettige wapens en ammunisie asook oortreding van die Wet op Immigrasie in.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sê meer as 2 385 persone en 815 voertuie is deursoek.
Suksesse het ingesluit die arrestasie van ‘n 27-jarige taxi-bestuurder in ‘n padblokkade op die N4.
Hy was glo in besit van onwettige ammunisie.
Twee verdagtes is ook aangekeer in besit van twee AK-47’s met ammunisie in ‘n gekaapte BMW op die N12.
Daar is by 17 drinkplekke in Ehlanzeni-distrik besoek afgelê en twee tavernes is gesluit.
‘n Verdagte is verder aangekeer vir die verkoop van drank sonder ‘n lisensie in Marite.
Lees meer ook die Suid-Afrikaanse Polisiesiens hier.


×