100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellie Leeus maak rugbygeskiedenis

Written by on June 12, 2023

Die rugbyspanne van Laerskool Nelspruit het die naweek geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer in die skool se bestaan in al vier ouderdomsgroepe as Mpumalanga wenners gekroon te word.
Middelburg het gasheer gespeel vir die finale rondte uitspeelwedstryde in die onderskeie ouderdomsgroepe vir groot-, medium- en kleinskole.
Die Landrover Nellies Leeus eerstespan het in die finaal met 41-0 teen Laerskool JJ Van der Merwe geseëvier.

Nellie Leeus

Michael Venter, man van die wedstryd, rank hoog vir ‘n bal in die lynstaan.

Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak is dat hulle in 20 wedstryde die seisoen ‘n totaal van 811 punte aangeteken het met slegs 94 punte wat teen hulle aangeteken is.
Hulle kon ook 123 drieë druk en slegs 16 afstaan.
Die o.11 A-span (oftewel die jong leeus) het met 14-7 teen Laerskool Goedehoop gewen, die o.10 A Leeutjies met 33-0 teen Kruinpark en die o.9 Welpies met 12-0 teen JJ Van der Merwe om die Grootskole Rugbykampioene vir 2023 te word.
“Die Nellies het dié spogprestasie al tevore, in 2017, in krieket behaal, maar nou is die vier ouderdomskampioene in een jaar in rugby ook deel van ons trotse geskiedenis,” sê kommunikasiebeampte, Johan Orton.
Die afrigter van die Nellie Leeus, Adé Adendorff, sê hy het oor die jare al baie goeie skoolspanne afgerig, maar hy sonder die 2005 en 2023 eerstespanne uit.
“Beide 2005 en 2023 se Nellies eerste rugbyspanne was besonder spesiaal, maar vandag het hierdie groep seuns van 2023 bevestig dat hulle die beste skolespan is wat ek tot dusver afgerig het!” sê hy.

Foto: Johan Orton

Sien ook: Oud Nelspruiter aangewys as speler van DICC-toernooi


×