100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Oud-Nelspruiter aangewys as speler van DICC-toernooi

Written by on October 10, 2022

Arthur McGee (19), ‘n oud-leering van Laerskool Bergland en Hoërskool Nelspruit, is aangewys as die speler van die toernooi by die pas afgelope DICC T20-kampioenetrofee in die Verenigde Arabiese Emirate.
Die SA Dowekrieketspan het Bangladesh met vier paaltjies geklop om gister teen Indië in die finaal te speel by Malek-krieketstadion in Ajman. Indië kon 140/4 in 20 beurte aanteken en het die Suid-Afrikaners vir 101 uitgeboul.

McGee is vroër vanjaar aangewys as Krieket Suid-Afrika se Dowe Krieketspeler van die Jaar 2022. Hy woon in Pretoria, waar hy tans vir die Titans Dowekrieketspan speel.


×