100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vertroue die deurslag vir grootskole rugby wenners

Written by on June 15, 2023

Nellie Leeus is die 2023 grootskole rugby wenners in Mpumalanga.
Die rugbyspanne van Laerskool Nelspruit het die naweek geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer in al vier ouderdomsgroepe as die grootskole kampioene gekroon te word.
Die afrigters van die Nellie Leeus eerstespan, Adé Adendorff en Fourie du Plessis, het saam met kaptein James Williams en onderkaptein Naudé Breytenbach in die ateljee gekuier.
Adendorff sê die 2023-groep het besonder baie rugby intelligensie.
“Sovêr my kennis strek is dit die eerste keer dat ‘n skool die grootskole rugby wenners is,” sê hy.
Sien ook: Nellie Leeus maak rugbygeskiedenis
Oor hul suksesvolle seisoen sê Naudé: “Ons het mekaar vertrou en saam gespeel.”
Luister weer hier:


×