100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Innibos stalletjies vanjaar splinternuut en kleurvol

Written by on June 14, 2023

Vanjaar is 80% van die Innibos stalletjies splinternuut, so feesgangers kan uitsien na nuwe aanbiedinge op die feesterrein.
Dit geld beide snuisterye by die Bosmôl – vanjaar met die tema “Karnaval” – sowel as die kosaanbieding.
Alison Linde vertel vir Amanda dié uitstallers kom van oral oor die land.
Luister hier waarna jy alles kan uitsien:

Hulle gesels ook oor die Wingerd Kuiertuin waar die Mopani-kuierverhoog ook is en waar jy aan ‘n wynproe kan deelneem met 17 wynmakers se nektar.
Luister ook: Wanda Zonke honger om aan te hou leer

Innibos vind van 29 Junie tot 2 Julie in Mbombela plaas.
Kliek hier vir die volledige Innibos-program en skakels na kaartjieverkope.
Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.


×