100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellie-atleet laat (weer) nasionale rekords spat

Written by on March 28, 2023

Juané le Roux, ‘n gr. 10-leerling aan Hoërskool Nelspruit, het die afgelope week weer drie SA rekords vir vroue o.20 laat spat by die SA SAPD Nasionale Atletiekkampioenskappe vir liggaamlik gestremde atlete wat in Gauteng aangebied is.
Sien ook: Nellie laat nasionale rekords spat
Sy kon in diskus die rekord amper verdubbel van 16,29 m tot 31,70 m; in spiesgooi ‘n nuwe rekord van 25,62 m opstel teenoor die vorige 15,7 m en in gewigstoot die rekord van 6,65 m verbeter na 9,85 m.
Sien ook: Nellies skitter by nasionale byeenkomste


×