100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellie-atleet laat nasionale rekords spat

Written by on September 22, 2021

Juané le Roux, ‘n gr. 8 para-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel.
In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog.
Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na 12,34 m. In skyfwerp verbeter sy die nasionale rekord van 8,4 m na 36,5 m en in spiesgooi is die nuwe beste afstand in die land in dié kategorie nou 22 m – op van 7,9 m.
Haar afrigter, DP Badenhorst, sê sy het baie natuurlike gooi-vermoë en hy hoop nie die nuwe rekords staan te lank nie, omdat hulle beoog dat Juané dit self weer verbeter.
Sy sê sy was baie opgewonde om hulle op te stel. Sy het saam met Badenhorst met Robin gesels oor haar toekomsdrome. Luister hier.


×