100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man wat glo Duitse toeris op Numbi-pad vermoor, bly in aanhouding

Written by on October 19, 2022

Die man wat aangekla word van die moord op ‘n Duitse toeris tydens ‘n mislukte kaping op die Numbi-pad bly in aanhouding tot volgende Vrydag.

Napoleon Joseph Nyalungu (35) is verlede Woensdag in Nelspruit aangekeer. Hy word daarvan beskuldig dat hy die 67-jarige Jörg Schnarr op 3 Oktober op pad na die Krugerwildtuin doodgeskiet het.

Nyalungu het vandag weer in die Kabokweni-landdroshof verskyn. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sal hy op 28 Oktober formeel vir borgtog aansoek doen.

============

14 Oktober 2022, 15:19

‘n Verdagte is aangekeer vir die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris. Die 67-jarige Jörg Schnarr is tydens ‘n mislukte kaping op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin doodgeskiet.

Lees meer: Beloning uitgeloof vir inligting na vermeende kapers Duitse toeris doodskiet

Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is Napoleon Joseph Nyalungu (35) Woensdagaand in Nelspruit aangekeer.

Hy het vandag in die Kabokweni-hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en poging tot ‘n kaping. Die saak is uitgestel tot 19 Oktober.

Lees ook: Massiewe addisionele sekuriteit word op Numbi-pad aangebring


×