100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga-motoriste gewaarsku teen aandklokreël

Written by on January 5, 2021

Die feesseisoen is nie vir almal verby nie, en die provinsie se paaie bly baie besig.
Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid sê dat, hoewel verkeersvolumes Sondag hul piek bereik het, 932 voertuie per uur gister nog op die R40 tussen Hazyview en Acornhoek aangeteken is.
Volgens die die woordervoerder van die departement, Moeti Mmusi, is daar Maandag op die N4 tussen Middelburg en Waterval Boven 730 voertuie in ‘n uur aangeteken. Op die N4 tussen Middelburg en eMalahleni (Witbank) was dit 876 en op die R573 (Moloto-pad) 900.
Maandagoggend was daar nog rye voertuie van by die 10 km by die Lebombo-grenspos.
Hulle vind ook dat mense dikwels jaag om voor 21:00 hul bestemmings te bereik, aldus Mmusi.
Hy sê bestuurders moet hul reise volgens die aandklokreël beplan.

“Ons doen ‘n beroep op motoriste om versigtig te wees op die pad en die reëls na te kom.
“Mense moet ook hul roetes beplan, sodat hulle nie hoef te jaag om betyds by hul bestemmings uit te kom nie.”
Hy voeg by dat dit noodsaaklik is dat mense wat lang afstande bestuur, genoeg rus.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, en die hoof van die departement, Busisiwe Nkuna, het Sondag die padblokkade op die N4 naby Coopersdal besoek om die verkeersvloei na te gaan.
Shabalala het ‘n beroep op wetstoepassers gedoen om geen verdraagsaamheid met roekelose bestuurders te toon nie.
Meer as 140 000 voertuie is in Desember in Mpumalanga deur wetstoepassers afgetrek.
Volgens die departement is ongeveer 60 000 deur 20 weegbrûe om te bepaal of hulle korrek gelaai is.
Sowat 86 mense is in hegtenis geneem waarvan 38 was vir dronkbestuur en 12 vir uitermatige spoed. Die hoogste snelheid wat aangeteken is, was 201 km/h op die N4 op 28 Desember.



×