100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Meer as 2 000 motorfietse ry saam vir kinders

Written by on February 26, 2024

Altesaam 2 616 motorfietsryers het Saterdag 24 Februarie tussen Jeffreysbaai en Stormsrivier ‘n wêreldrekord aangedurf vir die meeste motorfietse ooit wat deelneem aan ‘n welwillendheidsrit ten bate van siek kinders.

Dit was deel van die vyfde jaarlikse Ride for a Child-veldtog om fondse in te samel vir mediese sorg aan behoeftige kinders.

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa (PCA) sê hy is baie trots op al die deelnemers.

“So ver ons kon vasstel, moes ons meer as 2 000 motorfietse hê om die rekord te breek, maar dit mag ‘n paar weke neem om bevestiging te kry.”

Luister hier:

Sien ook: Ride for a Child: Dag 5


×