100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela-stadion amper uitverkoop voor All Black-toets

Written by on June 28, 2022

Mbombela-stadion verwag om binne die volgende twee weke alle kaartjies na die Springboktoets teen die All Blacks uit te verkoop.
Stadionbestuurder, Roelf Kotze, sê aan die hand van die vlak van belangstelling verwag hy ‘n vol stadion vir die wedstryd op 6 Augustus.
Slegs kaartjies in die R1 000-kategorie is nog beskikbaar.
Alle Covid-19-beperkinge op bywoning, asook vereistes soos negatiewe toetse of inenting, is verlede week deur die nasionale regering opgehef.
Hulle is verder slaggereed om ‘n vol stadion te verwelkom, met agt parkeer en-ry punte wat opgestel sal word.

Hy raai plaaslike inwoners aan om hul kaartjies direk by die stadionkantoor te koop (dit is by Computicket ook beskikbaar) sodat hulle kan kies presies waar hulle wil sit.
Hy nooi mense ook uit om gebruik te maak van die selfie-bord met die perfekte agtergrond van die stadion (sien foto).


×