100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Fase 6 van beurtkrag is terug

Written by on June 28, 2022

Eskom het aangekondig dat fase 6 van beurtkrag van 16:00 tot 22:00 vandag ingestel word. Daarna sal fase 4 voortgaan tot middernag, waarna fase 2 tot 05:00 môreoggend sal geld.
Fase 4 word dan weer geïmplementeer voor fase 6 weer tot 22:00 Woensdagaand sal geld.
Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, waarsku dit kan op kort kennisgewing verander.
Die enigste vorige keer dat fase 6 geïmplementeer is, was in Desember 2019, toe Eskom slegs ‘n waarskuwing van 20 minute gegee het. Operasionele planne is reeds gemaak vir fase 8.
Die verhoogde fase word toegeskryf aan die huidige onwettige staking van Eskomwerknemers wat dienslewering by baie kragstasies beïnvloed. Eskom vergader tans met verskeie vakbonde, na loononderhandelings verlede week ‘n dooiepunt bereik het.


×