100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pelgrimsrus is aangewys as die Dorp van die Jaar-finalis vir Mpumalanga

Written by on June 27, 2022

Pelgrimsrus is aangewys as die Mpumalanga-finalis in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie.
Leona Oosthuizen sê dit beteken baie vir hierdie toeristedorp, die enigste lewende museum in die land.
Boonop is Pelgrimsrus volgende jaar 150 jaar oud, en word die Internasionale Goudpan-kampioenskappe hier aangebied.
Kaapsehoop en Dullstroom was vanjaar die ander semifinaliste in die provinsie.
Sodra die finalis is elk van die nege streke aangewys is, het die publiek vanaf 17 Julie om vir hul gunstelingdorp te stem.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Dit word op 31 Julie aangekondig.
Op die spel vir die wendorp is R1 miljoen in bemarkingswaarde van kykNET met ‘n advertensie sowel as ‘n makietie met musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees.
Kyk die insetsel wat Kwêla oor hierdie Laeveldse skat gemaak het hier.


×