100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mankele heropen eerskomende Dinsdag

Written by on December 10, 2020

Dit is amptelik: Mankele Mountain Biking maak eerskomende Dinsdag weer oop.
Dié welbekende bestemming vir avontuur in die Laeveld het in Oktober sy deure gesluit.
Dit is intussen deur GZ Adventures oorgeneem.
Vandaf 15 Desember sal kamp, wêreldklas bergfietsry en ‘n magdom ander avontuurlustige aktiwiteite weer by hierdie ikoniese attraksie beskikbaar wees.
Iain Gunn, GZ Adventures se bemarkingsbestuurder, beloof alles wat Mankele gebied het, en ‘n paar verrasssings daarby.

GZ Adventures bedryf reeds vier soortgelyke venues in Gauteng, asook in Noordwes en sedert drie maande gelede ook in Hazyview.
“Ons het baie navrae gekry van mense wat aktiwiteite wil doen, maar ‘n plek daarvoor kort,” sê hy.
Hy is al 40 jaar in die toerismebedryf. “Toe ons sien Mankele maak toe, het ons gekyk hoe ons dit onder ons kan inkorporeer.
“Ons is nie in bergfietsry nie, maar vir ons gaan dit oor soveel meer. Dit is gesinner wat uit die dorp uitkom en sit in die natuur en elkeen kan die aktiwiteite doen wat hulle wil. Dit is ‘n lekker familieplek en dit is wat mense soek.”
GZ Adventures beplan om sterk te fokus op skoolgroepe, spanbousessies en klein konferensies.
“Om winsgewend te wees, gaan daaroor om seker te maak dat wanneer mense een keer hier was, hulle volgende keer vyf van hul vriende saambring.
“Dit gaan mense definitief nie nou R500 per persoon kos nie. Wanneer jy eers in is, is daar addisionele aktiwiteite wat jy kan doen.”
Hulle beplan ook om drie bergfietsry-kompetisies volgende jaar aan te bied.
“Ons moet die mense terug trek Laeveld toe,” sluit Gunn af. “Ons het rede om vir mense te vertel: kom Laeveld toe, daar is soveel om te doen.”


×