100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

KANSA-debutante vir 2020 aangekondig

Written by on December 9, 2020

Dit was nie ‘n maklike jaar nie, maar die debutante van die Laeveld se Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het hulle nie deur die Covid-19-pandemie laat afskrik nie.
Vanjaar se debutante kon R141 000 vir dié welwillendheidsorganisasie insamel.

Monique Bornman, KANSA Laeveld se gemeenskapsmobiliseerder, sê daar was nie ‘n groot afname in deelnemers nie: soos vorige jare het sowat 23 deurgedring na die finale.
Vanjaar het 111 debutante egter aanvanklik geregistreer, teenoor net 40 in 2019. “So as jy daardie som maak, het daar nie soveel deurgegaan teenoor hoeveel geregistreer het nie,” sê sy.
Die jaarlikse, deftige debutante-bal is ook aansienlik afgeskaal. Dit was ‘n klein geleentheid wat op 4 Desember by Macame in Witrivier gehou is om hulle te bedank vir hul harde werk.

Gerhard Oosthuizen, ‘n leerling van Hoërskool Nelspruit, is as die wenner aangewys. Hy het alleen R19 000 ingesamel.
Bornman sê dit is minder as wat die wenners gewoonlik insamel, maar sy weet uit ondervinding hoe moeilik die jaar was om fondse in te samel.
Geleenthede is vir ‘n groot deel van die jaar verbied, so die meeste debutante moes amper alles aanlyn doen.
“Onder die omstandighede het hy fantasties gedoen,” voeg sy by.

“Ongelukkig het Covid ons in inperking gevang en hulle kon nie regtig geleenthede hou nie.”
KANSA Laeveld is steeds uiters trots op alles wat hulle vermag het. “Hulle het baie hard gewerk in hierdie moeilike tye. Ons is baie dankbaar vir hul bydraes en ondersteuning.”


×