100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man weens vuurwapens gearresteer na beweerde huishoudelike geweld

Written by on January 4, 2024

‘n 21-jarige man verskyn vandag in die Witrivier-landdroshof op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Hy is gister gearresteer toe die polisie gereageer het op ‘n klagte van huishoudelike geweld waar die persoon ‘n beskermingsbevel teen hom gehad het.

Hulle het die huis deursoek en vier vuurwapens ontdek, waarvoor hy nie permitte kon toon nie.

Dit sluit in twee jaggewere, ‘n haelgeweer en rewolwer asook meer as 200 rondes ammunisie.

Sien ook: 25 in Dientjie-hof na Operasie Shanela


×