100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

25 in Dientjie-hof na Operasie Shanela

Written by on January 2, 2024

Vyf-en-twintig verdagtes verskyn vandag in die Periodieke Hof in Dientjie.

Dit volg op hul inhegtenisname Saterdag tydens Operasie Shanela.

Volgens die Mpumalanga polisie is daar tydens die arrestasie beslag gelê op ‘n aantal onwettige stukke myntoerusting sowel as 184 sakke goudhoudende materiaal en ‘n VW Golf wat die polisie glo tydens die pleeg van misdaad gebruik is.

Altesaam 21 ongedokumenteerde immigrante is gearresteer.

Nog twee verdagtes is vir onwettige mynbedrywighede vasgetrek en een vir handel in dagga.

Sien ook: LUR blameer menslike foute vir padongelukke


×