100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

LUR blameer menslike foute vir padongelukke

Written by on January 2, 2024

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, blameer menslike faktore vir die meeste van die ongelukke wat hierdie vakansieseisoen in die provinsie plaasgevind het.

Dit volg na die dood van drie mense gistermiddag toe die ligte afleweringsvoertuig waarmee hulle gery het, op die N12 naby Delmas omgeslaan het.

Die oorledenes sluit die bestuurder en beide passasiers in.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Shongwe doen ‘n beroep op diegene wat lang afstande aflê om vooraf die padwaardigheid van hul voertuie te verseker en om voldoende te rus langs die pad.

Sien ook: Vermeende sakerower noodlottig gewond in Sabie


×