100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende sakerower noodlottig gewond in Sabie

Written by on January 1, 2024

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ‘n skietvoorval waartydens ‘n vermeende sakerower noodlottig gewond is deur die polisie Saterdagmiddag in Sabie.
Volgens die polisie in Mpumalanga het beamptes op die sakeroof by ‘n supermark gereageer.
Vier gewapende mans het die winkeleienaar van ‘n onbekende hoeveelheid kontant beroof en op die vlug geslaan.
Die polisielede het hulle agterna gesit en ‘n skietgeveg het ontstaan.
Die een vermeende sakerower is noodlottig gewond. ‘n 9 mm-pistool en ammunisie is na bewering aan sy persoon gevind.
Nog ‘n verdagte is gewond en gearresteer en onder polisiebewaking in die hospitaal.
Twee ander is steeds op vrye voet.
‘n Saak van sakeroof, poging tot moord en besit van ongelisensieerde vuurwapen is open en ‘n geregtelike doodsondersoek is gelas.
Intussen word daar na verdagtes gesoek na ‘n gewapende roof by ‘n huis in Barberton gisteraand.
Volgens Hi-Tech Sekuriteit is die inwoners vasgebind en kon hulle eers om ongeveer 02:00 vanoggend alarm maak.
Verskeie items is uit die huis gesteel, sowel as hul voertuig.
Barberton huisroof
Dít is later in Emjindini deur Cartrack teruggevind. Niemand is tydens die voorval beseer of gewond nie.
Verder vra die polisie in Mpumalanga enigiemand met inligting om na vore te kom na die verbrande liggame van twee mans in Masoyi ontdek is.
Hulle is Saterdagoggend by Nhlalakahle Trust opgemerk.
masoyi mans doodgebrand
Een van die oorledenes is buite die voertuig gevind terwyl die tweede lyk binne-in die uitgebrande voertuig was.
Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die mans beskuldig is van veediefstal wat in die area gepleeg is.
Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.
Sien ook: Weermaglede red toergids uit Komatirivier


×