100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

32 jaar vir man wat drie renosters gestroop het

Written by on June 22, 2023

‘n Man wat in die Krugerwildtuin drie renosters gestroop het, is gister 32 jaar tronkstraf opgelê.
LUISTER DIE BERIG HIER

Freedom Ndlovu (32) is deur die Skukuza-streekhof skuldig bevind aan onder meer stroping, betreding, besit van ongelisensiëerde wapen en ammunisie en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, Monica Nyuswa, is Ndlovu op 4 Novebmer 2016 saam met twee ander beskuldigdes in die Stolsnek-area van die wildtuin deur veldwagters betrap.
Freedom Ndlovu drie renosters gestroop
Hulle was in besit van jaggewere, ammunisie, ses renosterhorings en ‘n byl.
Die karkasse van drie renosters wat gestroop is, is ontdek naby aan waar hulle aangekeer is.
‘n Medebeskuldigde, Alsony Baloyi (33), is twee jaar gelede tot 23 jaar agter tralies gevonnis.
Fanual Ngobe (30) het, na hy borgtog toegestaan is, nie weer vir ‘n hofverskyning opgedaag nie. Hy word deur die owerhede gesoek.
Sien ook: Voortvlugtige renosterstroper in Kabokweni aangekeer


×