100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Innibos: Lizz haal mense van die rak af

Written by on June 22, 2023

Lizz Meiring bring ’n vernuwende komedie na Innibos met Van die rak af.
Dit is gebaseer op The Human Library, en die praktiese toepassing is eenvoudig – in plaas daarvan om ‘n boek by ‘n biblioteek uit te neem, neem jy ‘n mens uit.
Die persoon vertel jou hul storie, eerlik en kaalvuis.
Sy gesels met Amanda.
Luister weer hier:

Lizz haal verskillende karakters “van die rak af”; sommige is werklike mense, ander is historiese figure en sommige is fiktief.
Die trant wissel van komies tot tragies, en soms ietwat satiries, met ‘n verfrissende interaktiewe element wat elke vertoning eenmalig en eiesoortig maak.
Sien ook: Skreeusnaakse My vrou se man se vrou keer terug na Innibos
Innibos vind vanaf 29 Junie tot 1 Julie in Mbombela plaas.
Kliek hier vir die volledige Innibos-program en skakels na kaartjieverkope.
Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.


×