100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man dood na vliegtuig op aanloopbaan hom tref

Written by on June 15, 2020

‘n Man is Maandagoggend dood toe hy op pad werk toe deur ‘n vliegtuig wat besig was om te land, getref is.
Die voorval het kort na 07:00 by die Graskop-vliegveld plaasgevind.
Die 27-jarige man, wat nog nie geïdentifiseer is nie, het glo saam met drie kollegas op die aanloopbaan gestap toe hy deur die vlerk getref is toe die Piper Cherokee PA-28-181 land.
Hulle was op pad na ‘n nabygeleë bouterrein waar hulle werk. ‘
Die slagoffer is op die toneel dood verklaar.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het die man voor die ongeluk sy kollegas gewaarsku om van die aanloopbaan af weg te kom.
Hy kon nie bevestig wie die vlieënier of eienaar van die vliegtuig is nie.
Die omstandighede van die ongeluk word deur die SAPD en die Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) ondersoek.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO, het die voorval bevestig.
‘n Span ondersoekers is tans besig om inligting in te samel om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.
“Meer besonderhede sal op ‘n gepaste tyd bekendgemaak word,” het Ledwaba gesê.

 


×