100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ma aangekeer wat glo baba in bosse weggooi

Written by on August 23, 2022

‘n Vrou is Sondag in Dullstroom gearresteer op klagte van kinderverwaarlosing, na sy glo haar pasgebore baba in bosse langs ‘n spoorlyn agtergelaat het.
Volgens die polisie het ‘n verbyganger hulle daarvan verwittig.
Die babaseuntjie is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Die 37-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Belfast-landdroshof verskyn.
‘n Man het gister op klagte van moord in die hof in Bosbokrand verskyn.
Shakwane Muzi (38) het na bewering Vrydagaand sy vriendin aangerand en haar ander vriend vermoor.
Volgens die polisie het hulle ‘n argument gehad en het Muzi beide met ‘n baksteen en tuinimplement aangerand.
Bongani Shabalala is op die toneel dood verklaar.
Muzi het homself die volgende dag aan die polisie oorhandig. Hy bly in aahouding tot 29 Augustus wanneer hy vir borgtog aansoek sal doen.
En die polisie is op soek na gesteelde selfone en skootrekenaars wat op 3 Augustus by ‘n skoolkoshuis in Witrivier gesteel is.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het ongeveer sewe verdagtes by die koshuis toegeslaan, leerlinge forseer om te ontklee en hulle deursoek voor hulle met hul buit gevlug het.
Die gesteelde voertuig waarmee hulle gevlug het, is kort daarna teruggevind. Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak.


×