100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krugerwildtuin verskerp sekuriteit in aanloop tot feestyd

Written by on November 14, 2022

Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) skerp sy veiligheidsmaatreëls vir die komende feestyd op wanneer meer besoekers verwag word.
Maatreëls wat ingestel word sluit in groter toesig en meer wagte by ingangshekke, voertuigbeheer en die verifiëring van die insittendes se identiteit.
Veldwagters, sekuriteitsdienste en toegewyde honde-eenhede sal ook bykomende patrollies doen.
SANParke maak ook gebruik van tegnologie nommerplate te herken en voertuie op ‘n afstand te monitor.
NKW woordvoerder, Ike Phaahla:

Die waarnemende bestuurder van die park, Danny Govender, sê ‘n onlangse toename in stropery, veral met strikke en vergiftiging, noodsaak die addisionele maatreëls.
“Die SANParke Eereveldwagters werk elke naweek hard en het al sowat ‘n duidend strikke op die grens verwyder,” sê hy.
“Ons data oor renosterstropery toon ‘n afwaartse neiging en ons wil dit so hou.”
Slimkameras by brandpunte het al gelei tot die aankering van stropers en konfisasie van wapens gelei. In die laaste kwartaal (Julie tot September) is tien vermeende stropers aangekeer en ses vuurwapens vasgelê.
SANParke se eenheid vir omgewingsondersoeke snoer ook kragte saam met ander wetstoepassingsagentskappe om misdadigers in naburige dorpe vas te trek, veral die verskaffers van vuurwapens en ammunisie en werwers van stropers.
“Hierdie is ook die volgende vlak stropers wat vervoer verskaf en aan kopers verkoop.”
Hy voeg by dat samewerking met die Mosambiekse owerhede vrugte afwerp met verskeie baasbreine wat reeds agter tralies is.


×