100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRAC N4-tydren hierdie naweek in Dullstroom

Written by on November 15, 2022

Die TRACN4-tydren vind Vrydag en Saterdag weer in Dullstroom plaas. Vanjaar is die derde keer dat die opwinding, drama en adrenalien-gevulde tydren in Mpumalanga plaasvind.

Kommunikasiebestuurder vir TRAC, Solange Soares, sê dit is ‘n ekonomiese inspuiting vir die Emakhazeni-munisipaliteit. Die opbrengste ondersteun ook die Dullstroom Epilepsie-sentrum.

“Deel van die voorbereiding vir die tydren sluit in herstelwerk aan die sentrum, wat sedert 2020 die hoof bevoordeelde is.

“Oor die afgelope twee jaar het TRAC saam met plaaslike kleinsakeondernemings dele van die fasiliteit opgeknap, insluitende die hoofingang, die toeskouersareas by die sportgronde, die lapa en die dak van die woonafdeling.

“Vanjaar sal ons die saal na ‘n venue opgradeer wat hulle in staat sal stel om addisionele inkomste te genereer,” sê Soares.

Die sentrumbestuurder, Rebecca Mashigo, sê TRAC se hulp van is van onskatbare waarde vir die sentrum sowel as die dorp.

‘n Totaal van 28 spanne neem aan die wedren van 13 spesiale bene oor 204 km oor die twee dae deel.

Die tydren is die finale been van die 2022 nasionale kampioenskappe. Dit skop Vrydag by die Lakenvlei-erfenisgebied af en begin Saterdag by die “Oval” in Dullstroom.

Die organiseerders sien ook baie daarna uit om vanjaar toeskouers sonder enige beperkinge terug te verwelkom. Spesiale punte vir toeskouers is opgerig. Sien hier waar dit is.


×