100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krugerwildtuin begin kontantbetalings uitfaseer

Written by on November 24, 2023

Die Nasionale Krugerwildtuin sal vanaf 1 Desember wegdoen met kontantbetalings by vyf ingangshekke in die suide van die park.

Dit is deel van ‘n wyer veldtog deur SANParke om wagtye in rye weens kontantbetalings te verminder.

Dit het ook ten doel om die risiko verbonde aan die hanteer van kontant te minimaliseer.

Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê dit sal nou ingestel word by Paul Kruger-, Phabeni-, Numbi-, Malelane- en Krokodilbrug-hekke sowel as die vulstasie by Skukuza.

Ander sal in 2024 volg.

“Die voordeel van die implementering van ‘n kontantvrye betaalstelsel is bedoel om toue verder te verminder en die tyd wat dit neem om in ‘n park te kom, te verkort,” sê Oscar Mthimkhulu, die uitvoerende bestuurder van die wildtuin.

“Die doel is ook om die risiko’s verbonde aan die hantering van kontant te verminder. Ons wil dus besoekers aanmoedig om gebruik te maak van óf die aanlyn voorafbesprekingsbetalingstelsels of spoedpuntbetalingstelsels by die hekke.”

Sien ook: TRACN4-tydren sorg vir verrassings in Dullstroom


×