100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRACN4-tydren sorg vir verrassings

Written by on November 21, 2023

Die TRAC N4-tydren die naweek in Dullstroom het vir ‘n paar verrassings gesorg.
Dit was die vierde keer dat die opwinding en drama van die finale been van die nasionale tydren-kampioenskap in Emakhazeni aangebied is.
Sien ook: TRAC N4-tydren die naweek in Dullstroom
Hoewel JJ Potgieter en Tommy du Toit in hul Hyundai i20 reeds voor die naweek die nasionale titel beklink het, het Chris Coertse en Greg Godrich in hul Mazda 2 beide wedrenne oor die twee dae gewen om hul tweede plek op die podium te verseker.


Gustav Potgieter en Barry White eindig algeheel derde in die eerste klas.
Die uitvoerende beampte van TRAC, Alex van Niekerk, skryf die sukses van die tydren toe aan die bestuursvernuf, sportmangees en kameraderie van die deelnemers.
“Dit gee ook ‘n aansienlike ekonomiese hupstoot aan die Emakhazeni-area terwyl dit die Dullstroom Epilepsiesentrum, een van TRAC se primêre korporatiewe maatskaplike beleggings, ondersteun.
“Sedert 2020 het die tydren ‘n geweldige impak op die fasiliteit gehad, en alle winste van die afgelope vier saamtrekke is gerig op die verbetering en opknapping daarvan.”
Foto: South African Rally Championship


×