100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krisiskomitee ondersoek oplossings vir Lebombo

Written by on September 29, 2023

‘n Multi-dissiplinêre span is in die presidensie aangestel en toets tans wat die beste oplossing is vir die opeenhoping van vragmotors by landsgrense, insluitend Lebombo, die besigste grenspos in Suider Afrika.

Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê die groep kenners was tydens ‘n besoek werklik geskok oor die haglike omstandighede waarin vragmotorbestuurders hulself bevind en hulle besef die erns van die saak.

Die plan spruit uit ‘n vennootskap tussen sakeleiers en regeringsamptenare om Transnet om te keer en die land se ekonomie weer op koers te kry.

President Cyril Ramaphosa die week oor hul vordering op hoogte gebring.

Wetstoepassingsagentskappe werk ook daaraan om spoorinfrastruktuur uit die lug te patrolleer om die Noordelike en Sentrale Korridors sowel as die Majuba-spoorlyn te beskerm.

Grimbeek sê daar is ten minste tans beter wetstoepassing by Lebombo om te verhoed dat ongeduldige vragmotorbestuurders die ry probeer omseil.

Sy voeg by dat besoekers die afgelope Erfenis langnaweek na die Laeveld gestroom het.

Die Krugerwildtuin en Panorama-roete het omtrent uit hul nate gebars.

Luister weer na die week se episode van Laeveld Ervaring:

Sien ook: Munisipale dienste dalk aan Kaapsehoop gelewer

Kyk hoe vragmotors vir kilometers ophoop voor die grens na Mosambiek:


×