100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Munisipale dienste dalk aan Kaapsehoop gelewer

Written by on September 20, 2023

Gesprekke tussen rolspelers het begin om basiese dienste na Kaapsehoop te bring.

Inwoners van hierdie toerismedorp onderhou nog altyd self hul paaie en parke.

Hulle moet ook self hul riool en vullis verwyder.

Linda Grimbeek van die Kruger Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê gesprekke het begin vir Mbombela-munisipaliteit om van hierdie dienste te begin lewer of daarvoor te betaal.

Sy beoog ook om ‘n afval-tot-energie-aanleg in Kaapehoop op te rig, hetsy met die ondersteuning van Mbombela of as deel van ‘n stadsverbeteringsdistrik.

“Kaapsehoop ontvang reeds jare nie munisipale dienste nie,” sê sy.

Luister hier:

Sien ook: Laeveld Ervaring: Opskudding in munisipaliteite


×