100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krieket- en hokkieweke bied topafrigting in Witrivier

Written by on June 8, 2023

Honderde jong krieket- en hokkiespelers sak tydens die opkomende Junie-skoolvakansie toe op die Laeveld wanneer Laerskool Witrivier hul jaarlikse krieket- en hokkieweke aanbied.
Iaan Jacobs en Jenny Schoeman van die skool vertel dat afrigters dit gebruik om hul spankeuses vir die komende seisoen te finaliseer, maar dat topgehalte afrigting die kern van hierdie sportfees is.
Ryan Maron, tans die veldwerkafrigter vir Afghanistan se nasionale span, se Cricket School of Excellence is al geruime tyd betrokke.
Sedert verlede jaar is die voormalige Proteaspeler, Henry Davids, ook by die afrigting tydens die week betrokke.
Jacobs, Schoeman en Davids het met Ludi en Mireille gesels oor die oorsprong van die krieket- en hokkieweke.
Luister weer hier.

Sien ook: Laerskool Witrivier se Fathers Ground sewes stel nie teleur
Foto: Iaan Jacobs en Jenny Schoeman


×