100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker: Maak of breek ronde breek aan

Written by on June 8, 2023

Kinders van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) was Saterdag by Mbombela-stadion oorstelp van vreugde dat hulle die Airlink Pumas op die veld kon vergesel voor hul Curriebeker-kragmeting teen die Toyota Cheetahs.
Die ISAF beywer hulle om gesinne van kinders met spesiale behoeftes te ondersteun.
Dei stigter, Cindy Coetzee, sê dit was ook ‘n geleentheid om bewusmaking oor outisme groter blootstelling te gee.

Die verdedigende Curriebeker-kampioene het ongelukkig daarna ‘n nederlaag gely teen die Cheetahs wat die tuisspan met 29-14 getroef het.
Met die sege is die Cheetahs, sowel as die Cell C Haaie, verseker van tuishalfeindrondes volgende naweek.
Die Pumas, Vodacom Bulle, Windhoek Draught Griekwas, DHL WP en Fidelity ADT Leeus veg almal om die oorblywende twee plekke wanneer die finale ronde van die Curriebeker môre aanbreek.
Die Pumas lê tans derde en reis na Kimberley waar hulle Vrydagmiddag die Griekwas die stryd aansê.
Sien ook: Airlink Pumas derde met twee rondes oor
‘n Nederlaag met ‘n bonuspunt of twee mag hulle nog van hul plek in die halfeindronde verseker, mits die ander uitslae die naweek hulle bevoordeel.
Die Griekwas kan met ‘n oorwinning van vyfde tot derde klim.
So lyk die punteleer

Hoewel die Bulle hul laaste vier wedstryde gewen het, kan ‘n nederlaag teen die Cheethas hulle huis toe stuur.
Die WP moet ook die Haaie wen om ‘n kans te staan om deur te dring.
Die Leeus benodig self ‘n groot oorwinning oor die NovaVit Griffons om hul kanse lewendig te hou.
So lyk die skedule vir die naweek
# Windhoek Draught Griekwas t. Airlink Pumas: Vrydag 15:00 by Windhoek Draught Park, Kimberley
# NovaVit Griffons t. Fidelity ADT Leeus: Vrydag 15:00 by Down Touch Investments Stadium, Welkom
# Vodacom Bulle t. Toyota Cheetahs: Saterdag 15:00 by Loftus Versfeld, Pretoria
# DHL WP t. Cell C Haaie: Saterdag 17:00 by DHL Stadium, Kaapstad.

Foto’s: Kaptured Concepts


×