100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kommer dat aanvalle op polisielede toeneem

Written by on January 23, 2023

Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het haar kommer uitgespreek dat aanvalle op polisiebeamptes in Mpumalanga toeneem.
In die jongste voorval het ‘n groep van sowat sewe gewapende aanvallers Vrydagnag op twee lede van die Witbank-blitspatrollie geskiet op die N4.
Hulle het gestop om ‘n motoris te help toe hulle besef het daar is klippe op die pad geplaas. Hulle was besig om dit te verwyder toe die aanvallers uit digte bosse verskyn en op hulle skiet.
Een beampte is in die buik getref en hospitaal toe gehaas.
‘n 30-jarige verdagte is binne 24 uur aangekeer toe die voertuig waarin hy was vroeg gisteroggend deur die Barberton-polisie gestop is omdat hul Hyundai-bakkie nie nommerplate gehad het nie.
Volgens brig. Selvy Mohlala het ‘n skietery ontstaan en van die insittendes het te voet gevlug.
Gauteng nommerplate, ‘n leë magasyn en patrone is volgens polisie in die bakkie gevind.


×