100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kitsbanke in Hazyview, Acornhoek opgeblaas

Written by on November 4, 2021

‘n Groot groep verdagtes word gesoek na ‘n kitsbank vroeg vanoggend by die Dayizenza-plaza naby Hazyview opgeblaas is.
Sekuriteitpersoneel was om ongeveer 06:00 besig met parade toe ‘n groep van sowat agt aanvallers te voorskyn gekom het, en op hulle begin vuur het. Twee wagte is beseer.
‘n Ander groep verdagtes het die sentrum van die ander kant af betree en plofstof gebruik op die kitsbank.
Ooggetuies skat daar was sowat 16 verdagtes in totaal. Hulle het met twee Mercedes Benz-voertuie en ‘n Ford Ranger-bakkie in die rigting van Hazyview gevlug.
Volgens inligting is die masjiene dieselfde oggend met sowat R1 miljoen se kontant gevul. Dit is onbekend hoeveel kontant gesteel is.
Nog ‘n kitsbank is gisteroggend in Acornhoek opgeblaas (sien foto). Volgens die polisie se woordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die sekuriteitswag aan diens om ongeveer 02:00 die oggend ‘n groep van sowat 15 gewapende aanvallers opgemerk en hulle het plofstof op die kitsbank gebruik.
Die rowers het in ‘n Toyota Camry en VW Golf gevlug. ‘n Mannejag na hulle is van stapel gestuur.
Geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om speurder luit. kol. Albert Manzini te kontak by 082-318-9925.
Die N4 Schoemanskloof is gisteraand ook tydelik gesluit na ‘n transitoroof daar uitgevoer is.
Verder het die Valke vanoggend saam met die Nasionale Kredietreguleerder op vermeende geldleners in Hazyview toegeslaan.
Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, sê hulle het verskeie klagtes oor geldleners ontvang. By die een onderneming wat tot dusver deursoek is, is daar op ‘n magdom SASSA-kaarte, ID-boeke, bankkaarte en bankboekies beslag gelê en sowat 15 mense is aangekeer.


×