100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

EFF onttroon DA as amptelike opposisie in Mbombela

Written by on November 3, 2021

Die EFF het die DA as die amptelike opposisie in Mbombela-munisipaliteit onttroon tydens die plaaslike regeringsverkiesing.
Die ANC het met 65,21% van die stemme 59 setels gewen om beheer van die stadsraad te behou.
Die EFF het met 14,68% 14 setels gewen.
Die DA, tot op hede die amptelike opposisieparty in die raad, het met 13,54% van die stemme 12 setels gewen. Dit is een minder as in 2016.
Die VF Plus het drie en die ACDP en ATM een setel elk.
Die DA kon wyke 15, 16 en 17 in Nelspruit behou, sowel as Witrivier (wyk 30).
Thea Rix, bekend in die gemeenskap as die bron van inligting oor water- en elektrisiteitskwessies in die dorp, en wat in haar eerste verkiesing gestaan het, het wyk 15 loshande vir die DA gewen.
Sy het almal bedank wat haar ondersteun het, en beloof om aan te hou doen wat sy reeds vir jare doen.

In Nkomazi kon die DA nie een wyk wen nie.* Die ANC het 72,75% (50 setels) van die stem gewen, die EFF 13,24% (nege setels) en DA 5,52% (vier). Die ATM en VF Plus het elkeen een setel.
In Thaba Chweu-munisipaliteit het die ANC met ‘n meerderheid van sowat 57% van stemme, 16 setels en daarmee saam beheer oor die stadsraad behou.
Die DA het 28% van stemme, ses setels en wyk 12 gewen. Die EFF het drie setels en die VF Plus en African Unified Movement (AUM) een elk.
Jane Sithole, die leier van die DA in Mpumalanga, sê die party is tog tevrede met die vooruitgang wat die party in hierdie munisipaliteit kon maak.

In Emakhazeni het die ANC met 64% van die stemme 10 setels gewen. Die EFF se 19% het aan hulle drie setels besorg in die stadsraad en die DA het twee.

*Hierdie storie is Donderdagoggend opgedateer met die mees onlangse data van die OVK.


×