100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kaapse ‘kuiergas’ maande later opgespoor

Written by on September 19, 2023

“Dit ken net hy wees,” sê Chris Hobkirk, ‘n plaaslike slangkenner, oor die Kaapse kobra wat Vrydag by die Ou Nelspruit-lughawe gevang is.

Dit is etlike maande na ‘n plaaslike vlieënier, Rudolf Erasmus, opslae gemaak het toe hy ‘n noodlanding in Welkom moes uitvoer toe ‘n Kaapse kobra sy verskyning op sy vlug gemaak het.

Hulle was in April onderweg van Worcester na Mbombela.

Die slang het oor hom geseil.

Luister ook: Drama toe ongenooide Kaapse gas in vliegtuig sy verskyning maak

Vrydag was die eerste keer dat dit weer opgemerk is.

Daar kan net bespiegel word oor of hy nog heeltyd in die vliegtuig woon en intussen ‘n paar vlugte saam meegemaak het.

Wat seker is, is dat dit dieselfde slang moet wees.

Kaapse kobras kom glad nie natuurlik in hierdie area voor nie.

“Hy is gevind naby die SAPD-loods waar ons destyds die vliegtuig vir ‘n paar dae laat oopstaan het sodat die slang self kon uitkom,” sê Hobkirk.

Hy sê vir Gerhardt die slang was ‘n bietjie aan die maer kant.

Verder vermoed hy dit is nou eers opgemerk omdat hy meer begin beweeg het omdat dit so warm is.

Luister weer hier:

Oor slange

“Ons wil nie die Laeveld se mense nou skrikmaak nie, maar ek dink mense besef nie hoe baie slange leef met en om ons nie, hoe naby hulle is aan ons huis en werk in die Laeveld nie,” sê hy.

“Dit is amazing hoe baie mense daar is, en daar is duisende slange wat rondseil en die gevalle waar mense gebyt of beseer word is so min.

“Ons is gelukkig dat die geaardheid van alle slangspesies is om weg te kruip.”

Die Kaapse kobra is nou veilig in die sorg van Lowveld Venom Suppliers waar hy goed vorder.

Luister ook: Drama toe ongenooide Kaapse gas in vliegtuig sy verskyning maak


×