100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SAPU: ‘Klassifiseer polisiemoorde as hoogverraad’

Written by on September 20, 2023

Die Suid-Afrikaanse Polisiëringsvakbond (SAPU) het sy pleidooi herhaal om polisiemoorde as hoogverraad te klassifiseer, na die onlangse moorde op vier beamptes in afsonderlike voorvalle.
Drie polisiebeamptes is Vrydag in KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga vermoor.
Onder hulle tel sers. Nhlanhla Petros Sigage (41), wat aan sigbare polisiëring in Pienaar verbonde was.
Hy is Vrydagaand in KaNyamazane doodgeskiet.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, was hy van diens af toe hy die aand in Wyk 4 saam met ander mense by ‘n sakeperseel was.

Twee mans het ingekom en gebottelde water gekoop voor hulle uit die bloute Sigage verskeie kere van naby geskiet het.
Nog ‘n persoon is gewond.
‘n Saak van moord met ’n bykomende aanklag van poging tot moord word ondersoek.
‘n Vierde polisielid in Sondag in Khayelitsha, Kaapstad, vermoor.
Misdaadstatistiek toon dat 31 polisiebeamptes tussen April en Junie vanjaar vermoor is.
Die Mpumalanga polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Malamule, is saam met die SAPD-bestuur bekommerd oor die sinnelose moorde op polisiebeamptes.
“Die moord op lede moet onmiddellik stop, want dit belemmer ons pogings om misdaad te verminder en uiteindelik te beëindig.
“‘n Aanval op ‘n polisiebeampte is ‘n indirekte aanval op die staat. Diegene wat verantwoordelik is, sal gejag word en aangekla word.”
Hulpbronne is in terme van die 72 uur-aktiveringsplan gemobiliseer en ‘n stewige ondersoekspan is saamgestel, insluitende lede van die Valke.
SAPU waarsku sonder ‘n permanente oplossing sal polisiemoorde waarskynlik verder toeneem, wat kommer wek oor die veiligheid van wetstoepassingsbeamptes.
Sien ook: Nog verdagtes gesoek vir transitoroof naby Malalane


×