100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hongeres mag tydens inperking gehelp word

Written by on May 8, 2020

Verskeie plaaslike organisasies werk hard om diegene in nood te help maar weens verskeie verwarrende uitsprake op sosialemedia is weldoeners onseker om voort te gaan.
‘Ons gee om Nelsprui’t kon met die gemeenskap se ondersteuning daagliks tussen 30 en 40 kospakkies aan gesinne in nood uitdeel.
Vandeesweek is hul voorraad egter weens die onsekerheid uitgeput.
Comfort Ngobe, woordvoerder vir die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling, het egter bevestig dat mense wel ander mag help – solank daar by die inperkingsregulasies gehou word.

Mbombela-munisipaliteit se Joseph Ngala sê mense kan die polisie om permitte nader.

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake het raadslede verbied om by die verspreiding van kospakkies betrokke te wees.
Maar die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, sê die SAPD reik slegs permitte uit om mense toestemming te gee om te reis om begrafnisse by te woon.

Volgens Ngobe moet die verspreiding egter binne provinsiale grense geskied. Hy het dit onomwonde gestel dat die publiek kos aan behoeftiges, sowel as aan organisasies wat die kos versamel en in hul gemeenskappe versprei, mag skenk.
Hy het bygevoeg dat mense nie kos mag gaarmaak en weggee nie, tensy dit by aangewysde plekke soos skuilings vir haweloses geskied.

Thea Rix van Ons gee om Nelspruit sê hulle werk onder die vaandel van CMR, wat by die departement van maatskaplike ontwikkeling as ‘n welsynorganisasie geregistreer is.
Hulle doen daagliks aan die departement verslag oor hoeveel en aan wie hulle skenkings maak.
Hulle kon sedert inperking 850 kospakkies voorsien, en sodoende 1 650 bereik.
Rix stel voor dat mense die projek ondersteun, omdat hulle verseker is die kos kom uit by die mense wat dit nodig het.
Enige bydraes kan by Suiderkruisstraat 24 afgelewer word. Andersins, skakel Toy Bester by 081-438-5373, Rix by 082-771-2889 of Tersia Marshall by 082-576-8889.

Bronne: Telefoniese onderhoude met: Comfort Ngobe, Joseph Ngala, brig. Leonard Hlathi en Thea Rix.


Continue reading

×