100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Covid-19-gevalle styg tot 58

Written by on May 8, 2020

Die Nkomazi- en Pixley-streke is as plaaslike brandpunte van die COVID19 pandemie uitgewys. Volgens die gesondheidsdepartement is daar tans 58 bevestigde gevalle in Mpumalanga waarvan 22 pasiënte reeds herstel het. Nkomazi het binne vier dae van 12 na 20 gevalle gestyg. Mbombela het ook een meer geval bevestig en staan tans op agt. Intussen is die eerste geval in Thaba Chweu-munisipaliteit aangemeld. Daar is ook ‘n positiewe geval bevestig in Bosbokrand. Buite die Ehlanzeni-distrik is die Dr Pixley Ka Isaka Seme-munisipalitiet die grootse brandpunt met 15 gevalle.

Die polisie het die publiek weereens gemaan om by inperkingsregulasies te hou. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, sal dit chaos afgee om mense op groot skaal te arresteer.

Hlathi sê hulle het hul sigbaarheid in Nkomazi en Pixley vergroot omdat dit tans die episentrums van die uitbreking is.
Hy voeg egter by dat hulle nie slegs op hierdie areas kan fokus nie, omdat gevalle toenemend in ander areas opduik.

Die DA het intussen die provinsie se amptelike statistieke bevraagteken. LUR van gesondheid, Sasekani Manzini, sê egter dat die data daagliks verander. Haar departement verduidelik die proses hou in dat die gesondheidsminister die nasionale statistieke aankondig waarna die besonderhede na die onderskeie provinsies vir optrede gestuur word. Elke provinsie is verantwoordelik vir die naspeur van pasiënte se kontakte en hul mediese sorg. In die proses word gevalle wat verkeerdelik aan Mpumalanga toegeken is, gevind en die data word reggestel.

Dit het byvoorbeeld gebeur toe twee dokters wat in Mpumalanga werksaam was die virus opgedoen het. Omdat beide in Limpopo woon en hulle daar in isolasie geplaas is, het die gevalle onder Limpopo s’n getel. Nasionaal is daar tans 7 808 Covid-19-gevalle, met 153 sterftes. Mpumalanga het nog geen sterftes aangeteken nie.


×