nkomazi

Drie verdagtes wat voor die Nkomazi streekshof verskyn het vir die besit van dagga, het elkeen borgtog van tweeduisend rand gekry. Die drie mans, Mpostol Nkuna, John Khoza en Thandazile Mathebula is Maandag in hegtenis geneem nadat die polisie gekompakteerde dagga-balle in hulle voertuig gevind het. Die polisie het nog agt verdere saamgeperste dagga-balle aan […]

Die liggaam wat vermoedelik gekoppel word aan die arm wat die afgelope naweek in die Nkomazi-rivier gevind is, is ook opgespoor. Plaaslike polisieduikers het gistermiddag die lyk in die Nkomazi-rivier opgespoor. Beide arms van die liggaam word vermis. Die liggaam is ongeveer 200 meter stroom-op – tussen die riete – gevind van die plek waar […]

Mpumalanga polisie is op soek na enige inligting wat kan help om die liggaam en identiteit van ‘n arm wat in ‘n rivier gevind is, te vind. Die arm is Sondagmiddag deur vissermanne uit die Nkomazi-rivier gehaal. Sersant Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, het gesê dit is onseker of die persoon aan albinisme gely het, en of […]

 ‘n Pensioenaris wat daarvan aangekla is dat hy ‘n agtjarige kind verkrag het, het hierdie week ‘n lang vonnis ontvang. Die sestigjarige Erick Mambane is tot 19 jaar effektief agter tralies deur die Nkomazi streekshof veroordeel. Mambane het die minderjarige in Maart 2013 verkrag. Hy het die kind na sy huis geneem en haar 50 […]

Lede van die Kaapmuiden Witrivier se honde-eenheid het gister 33,5 kilogram heroïne onder die bak van ‘n Toyota-bakkie gevind. Die bak was oopgesny waarna die sakke dwelms onder dit weggesteek was. Die vonds is gemaak tydens ‘n stop-en-soek-operasie naby die Nkomazi-tolplek. Die waarde van die heroine is sowat R45 miljoen. Twee mans van 29 en […]


Current track

Title

Artist

Background