100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ferreira mag trek

Written by on May 8, 2020

Vat jou goed en trek Ferreira.

Volgens nuwe regulasies wat op die aand van 7 Mei in die Staatskoerant, Volume 659 gepubliseer is, word Suid-Afrikaners toegelaat om nou te verhuis. Die vergunning wat deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma gemaak is, het sekere voorwaardes.

Almal wat ʼn nuwe huurkontrak aangegaan het net voor of gedurende die tydperk van inperking, of wat ʼn nuwe huis gekoop het waarvan die oordrag van die eiendom nou afgehandel is, word toegelaat om nou te verhuis. Die vergunning sal bloot tot die 7e Junie wees sou die inperkingsmaatreëls nie verder verslap word nie. Met die nodige permit sal jy toegelaat word om selfs oor metropolitaanse, munisipale, provinsiale en distriksgrense te verhuis. Jy mag ook net die nodige meubels en huishoudelike items van die vorige woonplek na die nuwe woonplek neem. Dis belangrik om kennis te neem dat ʼn mens wel oor die nodige polisiepermit moet beskik.

Enigeen wat van die opsie gaan gebruik maak om in hierdie maand te verhuis, moet ook ʼn getekende huurooreenkoms en die huurkontrak wat verstryk het of die oordragdokumente van die eiendom byderhand hê.

 


×