100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Grondgrype al hoe meer rondom Mbombela

Written by on July 9, 2020

AfriForum sê grondgrype word al hoe meer.
In die jongste voorval moes grondeienaars in die Cromdale-omgewing ‘n hofbevel kry om besetters van hul grond af te laat verwyder.
Hennie Bekker, distrikskoordineerder van AfriForum, sê hulle is tans in die proses om die hofbevel uitgevoer te probeer kry. Hulle hoop die situasie sal teen Vrydag opgelos wees.
Die burgerregte-organisasie moes einde verlede jaar self ‘n hofbevel kry om ‘n grondgryp in die Cairn-omgewing te keer.
Sedertien het pogings om grond onwettig te beset toegeneem – met ‘n soortegelyke voorval wat hom net verlede week in dieselfde area afgespeel het.

Die Cromdale-geval het begin toe ‘n groep van tussen 15 en 20 mense begin het om erwe op die grond uit te meet.
John Meintjes van ACS Sekuriteit sê die grondeienaars het sowat drie weke gelede aktiwiteit in die area opgemerk en toe besef mense kap bosse uit op oop stukke grond.
Hulle het ‘n interim-hofbevel bekom wat Woensdag op die vermeende grondgrypers beteken is.
Intussen is AfriForum en ACS Sekuriteit betrokke om seker te maak geen konflik ontstaan nie.
Hoekom grondgrype toeneem is nie duidelik nie.
“Soms is dit mense wat ‘n kans vat en erwe probeer verkoop, en ander kere is dit mense wat graag self ‘n erf wil hê,” sê Bekker.
Eienaars sukkel ook om sulke sake by die polisie aanhangig te maak. “Die polisie dring aan dat mense ‘n hofbevel moet kry,” sê hy.


×