100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gewapende rowers gesoek na aanval op Schoemanskloof

Written by on July 5, 2024

Die polisie in Mpumalanga soek na vier aanvallers wat gisteroggend twee vroue op ‘n plaas in Schoemanskloof beroof het.

Volgens die polisiewoordvoerder, kapt. Magonseni Nkosi, het hulle ‘n vrou en haar ma vasgebind en kontant geëis.

Hulle het met vier vuurwapens en huishoudelike items in een van die slagoffers se voertuie gevlug.

Die voertuig is op die Kaapsehoop-pad buite Mbombela opgemerk, maar die verdagtes kon in die bosse in vlug.

Niemand is nog aangekeer nie.

Sien ook: Liggaam van driejarige dogtertjie in Pienaar opgegrawe


×