100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende transitorower met 2020-saak verbind

Written by on July 4, 2024

‘n Man wat aangekla word weens twee transitorooftogte is vanoggend deur die Kabokweni-landdroshof borgtog van R2 000 toegestaan.

Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, is Mpendulo Absina Hassane in November aangekeer vir ‘n transitoroof wat in Augustus buite Malalane gepleeg is.

Hy is met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel.

Lees meer: Negende verdagte vir transitoroof in hof

Hy is borgtog toegestaan.

Bloedtoetse het hom intussen verbind met ‘n transitoroof wat in Julie 2020 in Msogwaba uitgevoer is.

Luister:

Hassane is Woensdag herarresteer en aangekla van roof met verswarende omstandighede en poging tot moord.

Die saak is uitgestel tot 26 Julie vir oorplasing na ‘n streekshof.


×