100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Geel vlak 4-waarskuwing vir reën

Written by on April 9, 2024

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n geel vlak 4-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën wat tot plaaslike oorstromings kan lei in onder meer dele van Mpumalanga (sien grafika).

Die regering sê die Nasionale Rampbestuursentrum en provinsiale en plaaslike rampbestuurspanne oral in die land is op ‘n hoë gereedsheidsgrondslag en help gemeenskappe wat deur swaar reën geraak is.

Gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede word gewaarsku om versigtig te wees terwyl oorstromings voortduur.

Suid-Afrikaners moet toesien dat kinders veilig is en nie oorstroomde paaie, brûe en riviere oorsteek nie.

Gemeenskappe wat deur die vloede geraak is, word gevra om op hulle hoede te wees.

Sien ook: IPA kry weer lewe in Mpumalanga


×