100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Finale naweek om te registreer om te stem

Written by on February 2, 2024

Alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners word aangemoedig om die naweek te gaan registreer om in vanjaar se algemene verkiesing te stem.

Monique Bornman van die VF+ gesels met Sonop Ontbyt oor die noodsaaklikheid daarvan jou stem uit te bring.

Luister weer hier:

Uiteraard moet jongmense wat voorheen te jonk was om te stem, registreer, sowel as volwassenes wat nie vantevore gestem het nie.

As jy verhuis het sedert die laaste verkiesing moet jy herregistreer waar jy nou woon, maar die stemlokale in jou area kon ook intussen verander het en jy moet daarom seker maak dat jy nog by die korrekte lokaal geregistreer is.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê hulle het meer as 69 000 personeellede gewerf en opgelei om burgers by te staan die naweek.

Die Departement van Binnelandse Sake het sy kantoorure verleng tot 18:00 vandag.

Die naweek sal hul kantore vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees vir identiteitsdokument-aansoeke of die afhaal daarvan.

Besoek die OVK se webtuiste of jou naaste stempunt om jou besonderhede na te gaan.

Sien ook: Nog ‘n gebou brand in Barberton af


×