100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog ‘n gebou brand in Barberton af

Written by on February 2, 2024

Nog ‘n gebou het gisteraand in Barberton afgebrand.

Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê vrywillige brandbestryders kon saam met sekuriteitsmaatskappye en ‘n Barberton Mines-brandweerwa verhoed dat die brand na naburige ondernemings versprei.

Mbombela-brandweerwaens het ’n uur later opgedaag, maar die gebou was reeds afgebrand.

Volgens Minnaar het hy na die laaste brand, toe ‘n huis afgebrand en die eienaar dood is, ‘n mosie by die stadsraad ingedien om voldoende, funksionerende brandweerdienste en -toerusting te versoek.

Hy sê die ANC-meerderheid het daarteen gestem.

Luister hier:

Die DA het die Mpumalanga LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gevra om finansiering te verseker vir munisipaliteite om brandbestrydingstoerusting aan te koop.

Die provinsie het tans slegs 39 funksionerende brandweerwaens vir ‘n bevolking van meer as 4 miljoen.

Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, sê dit is van kritieke belang dat al 17 plaaslike munisipaliteite voldoende toegerus is met brandbestrydingstoerusting.

Sy sê hoewel die Kantoor van die Premier onlangs brandbestrydingsbakkies aan drie munisipaliteite geskenk het, dit nie ernstige skade aan eiendom of lewensverliese kan voorkom nie weens hul beperkte kapasiteit.

Sien ook: Die ‘Mentalist’: Towerkrag is agter skerms


×