100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Feestyd 2022: Padveiligheidsplan verloop sover vlot

Written by on December 20, 2022

Die Mpumalanga LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het motoriste weereens gemaan om versigtig te bestuur hierdie feestyd.
Die departement sê hul padveiligheidsplan verloop tot dusver glad.
Meer as 72 000 voertuie is tydens patrollies, spoedoperasies en by weegbrûe nagegaan. Meer as 14 000 boetes is uitgereik aan motoriste vir verskeie oortredings, insluitende roekelose bestuur.
Sowat 227 onpadwaardige voertuie is van die pad gehaal en meer as 400 is geskut vir oorlaaiing.
Twaalf bestuurders is aangekeer vir dronkbestuur.

Van die besigste roetes sluit in die N4-tolpad tussen Gauteng en Mosambiek en eSwatini, die N3 tussen Mpumalanga, Gauteng en KwaZulu-Natal en die N2 tussen Ermelo en Mkhondo. Sowat 2 000 voertuie per uur is die afgelope naweek op hierdie roetes aangeteken.
Verkeersvolumes sal na verwagting hierdie naweek aansienlik toeneem wanneer mense vir Kersfeesvieringe reis.
Shongwe het reisigers ook gevra om geduldig te bly by die Lebombo-grenspos, waar baie besige toestande heers.
Hy het die polisie verder geloof vir hul onlangse sukses toe hulle ‘n ontvoerde vragmotorbestuurder help red het.
Hy voeg by dat die nuwe polisiekonstabels ‘n waardevolle toevoeging tot die diens is.
Lees meer: Mpumalanga verwelkom 733 nuwe polisielede


×