100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga verwelkom 733 nuwe polisielede

Written by on December 20, 2022

Mpumalanga het gister 733 nuut-gegradueerde polisiekonstabels verwelkom tydens ‘n seremonie by die provinsiale polisiehoofkwartier in Mbombela.
Die groep vorm deel van die nasionale 10 000 Polisiebeamptes-projek.

Luit. gen. Semakaleng Manamela.

Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, sê sy is optimisties dat hulle die polisiediens se kapasiteit sal versterk.
Hulle sal by verskillende stasies regoor die provinsie gestasioneer word.
Lees ook: Ontvoerde vragmotorbestuurder gered
Die geleentheid is bygewoon deur rolspelers insluitende die voorsitter van die Mpumalanga Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Kevin Pillay, sowel as Star Mmadi en Muzi Nzimande, verteenwoordigers van die polisievakbonde Popcru en Sapu.
Manamela het die belang van dissipline en professionaliteit in die polisiediens beklemtoon.


×