100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Deurbraak in gewapende aanvalle op kitsbanke

Written by on January 12, 2023

Twee verdagtes wat Dinsdagoggend glo ‘n kitsbank in Hazyview beroof het, verskyn vandag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga.
Volgens die polisie is hulle naby Komatipoort deur ‘n multidissiplinêre-taakspan vasgetrek.
Lees meer:

Verdagtes gesoek wat kitsbank in Hazyview beroof


Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê hulle word na vermoede ook met verskeie ander sakerowe en transitorooftogte in Tonga, Pienaar, Nhlazatshe, Acornhoek, Kanyamazane, Schoemansdal en Kamhlushwa verbind.

‘n Persoon is tydens een van die aanvalle, op ‘n kitsbank in Kamhlushwa in Oktober, dood.
Die verdagtes, van onderskeidelik 38 en 42 jaar oud, was glo in besit van ‘n pistool en plofstof sowel as ammunisie vir die pistool en ‘n R5-aanvalsgeweer ten tyde van hul inhegtenisname.
Nog arrestasies word verwag.


×