100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Derde transitoroof in Laeveld binne vier dae

Written by on July 21, 2023

‘n Derde transitoroof binne vier dae in die Laeveld het gisteraand op die N4 plaasgevind toe twee G4S-gepantserde voertuie aangeval is.
Volgens inligting was hulle in konvooi op pad vanaf Malelane toe hulle deur ‘n onbekende aantal gewapende rowers voorgelê is.
Die een kontantwa is met plofstof oopgeblaas.
Skote is afgevuur, maar niemand is beseer of gewond nie.
Sover bekend het die aanvallers met ‘n silwer Mercedes ML van die toneel af weggekom.
Sien ook: Geen arrestasies nog na transitoroof


×